Gemorskos Verslaafde Ma Verloor Meer as 100kg. So het sy gemaak.

Weens traumatiese kinderjare het Tiffaney Anderson (26) van Brigham City in die Amerikaanse deelstaat Utah elke dag 11 000 kalorieë verorber.

Benewens die kitskosrekeninge wat opgehoop het, het sy die skaal eindelik op 187 kg laat kreun.

Sy sou maklik weglê aan agt McGriddles (’n burger met spek, eiers en kaas), twee driedubbele sampioenburgers, ’n groot pizza, suikerryke koeldrank en peuselhappies. Die ma van twee het ’n verstommende R104 000 per jaar op haar verslawing aan gemorskos geblaas en een maand het sy ’n kredietkaartrekening van R20 800 vir wegneemkos gekry.

Tiffaney het eers besluit om haar leefstyl te verander nadat sy ’n beroerte gehad het terwyl sy haar tweede kind verwag het. In 2015 is haar maag verklein en die jaar daarna het sy ’n maagomleiding ondergaan. Die ma van twee is nou onherkenbaar nadat sy tot 80 kg verslank het.

Tiffaney, nou ’n voltydse ma, sê: “Ek het elke dag gedurig kitskos geëet – ongeag wat dit was. My dieet het so baie kalorieë bevat dat ek baie maklik gewig aangesit het.

PICS BY TIFFANEY ANDERSON / CATERS NEWS – (PICTURED: Here is the mum before and after, wearing the same top once at nearly 30 stone and the other 17 stone lighter – she had weight loss surgery after spending atleast 6500GBP on fast food a year) – An obese mum who gobbled 11,000 calories of fast food a day has gone from McFatty to McFitty after losing 17 stone. Tiffaney Anderson, 26, from Brigham City in Utah, USA, ballooned to a whopping 29st 7 (413lb) due to her highly calorific diet that started from childhood. At her worst, she was scoffing an 11,000-calorie diet of eight sausage, egg and cheese McGriddles, two mushroom triple burgers, a large pizza, sugary drinks and snacks. The mum-of-two was spending up to 8000USD(6500GBP)-a-year of her junk food addiction and one month she received a 1600USD (1300GBP) credit card bill for her takeaways. But after suffering a mini-stroke while six-months pregnant with her second child, she knew she needed to change. – SEE CATERS COPY

“Terwyl ek werk toe gery het, het ek vier McGriddles en ’n groot sjokoladebrokkie-frappé bestel. Twintig minute later was ek terug by McDonalds en het ek presies dieselfde ding bestel voor ek gaan werk het.”

Sy vertel: “Daar was dae dat ek vroeg by die werk gekom en gewalg na die personeelkamer gegaan het. Al wat ek kon ruik, was die kitskos wat ek geëet het. Ek het altyd groot handsakke gehad om al my kos in weg te steek. Dan het ek in die badkamer of in my motor gaan eet, want ek was verleë.

“In ’n stadium het ek meer as R7 800 per maand aan uiteet bestee. Eenkeer het dit handuit geruk en was daar ’n kredietkaartrekening van R20 800 vir net een maand.”

Sy sê: “Ek het geweet ek was groot, maar ek het nooit gesien hoe groot ek regtig was nie. Ek dink ek het oor die jare liggaamsdismorfiese steuring ontwikkel.

“Weens my grootte het ek ’n beroerte gehad terwyl ek my seun verwag het. Dit was ’n herinnering dat ek sou sterf as ek nie iets doen nie. Vir my was chirurgie die enigste keuse. Maar dit was nie ’n maklike reis soos almal dink nie; dit was net so moeilik. En gelukkig het ek nou die gewig verloor.”

Tiffaney het ’n liggaamsmassa-indeks van 54,5 bereik. Dit het haar volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie in die hoogste vlak van vetsug geplaas. Weens haar toestand het sy heelwat gesondheidsprobleme gehad, onder meer uiters hoë bloeddruk en hartprobleme. Die uiterse gewig het ook haar bene laat inbuig en veroorsaak dat sy 7,62 cm korter geword en beenprobleme ontwikkel het.

“Toe ek sowat 180 kg geweeg het, kon ek nie in ’n skanderingmasjien pas nie. Ek het so baie vet om my hart gehad, die eggo-kardiogram kon nie my hartklop bespeur nie,” sê Tiffaney.

“Voorheen het ek ’n rustende hartklop van 170 kloppe per minuut gehad; nou is dit in die 60’s. My hart het veels te hard gewerk om bloed deur my liggaam te pomp.”

Tiffaney se lewe het ingrypend verander nadat sy eers ’n maagverkleining en toe ’n mini-maagomleiding gehad het. Dit het haar altesaam 108 kg laat verloor. Die uiterse gewigsverlies het haar met sakkerige vel gelaat en sy probeer nou R195 000 insamel om dit te laat verwyder.

“Die vel lyk lelik; dit trek oor my maag en rug,” sê Tiffaney. “Dit hang en is walglik. Dit laat my steeds soos die vrou lyk wat 180 kg weeg.”

Sy vertel: “Ek hoop nou op ’n wonderwerk dat ek die vel kan laat verwyder, maar dit is baie duur en ek het nie die geld om te betaal vir die operasies wat ek nodig het nie. Ek is geseën dat ek die gewig verloor het, maar ek wil mooi voel. Ek wil nie meer die vrou van 187 kg in die spieël sien nie. Dit is hoekom ek geld insamel.

“Ek het die harde werk gedoen; nou het ek die gemeenskap se hulp nodig om my gedaantewisseling te voltooi.”